Is jou oogdruk dalk gemeet by jou oogkundige en dit was effens hoog? ‘n Hoë lesing is nie noodwendig genoeg bewys dat jy gloukoom het nie, maar hoe weet mens?

Eerstens moet jy besef dat jou oogdruk verander deur die dag, dan is die instrument wat die lesing neem ook gekalibreer om te werk op n oog met n korneale dikte van 550mikron. Die “tonometer” soos ons dit noem kan dus maklik n fout maak.

Indien jy n familielid met gloukoom het, of jy net wil seker wees dat jou oogdruk normaal is moet die volgende gedoen word:

1.       Oogdruk word gemeet met tonometer maar die lesing word aangepas nadat ons ook jou korneale dikte gemeet het, dit work “pachy” genoem en ons OCT skandeerder meet jou korneale dikte in mikron.

EyeScan of the Cornia.
Kornea Wys n korneale dikte lesing, pachy
Korneale dikte lesing

2.       Dan word die oog se retina skandeer, hoë oogdruk verdun die retina se ganglion-sellaag, ons meet die lagie se dikte en kan dadelik sien of dit normaal is of nie.

Macula map of right eye
Normale ganglion-sellaag
Ganglion-sellaag

3.       Al die data word gestoor sodat ons enige verandering in die retina kan identifiseer tydens opvolg ondersoeke later.

4.       Met bogenoemde tegnologie kan ons help met diagnose van gloukoom en ook onnodige koste wat met onnodige verwysing gepaardgaan help vermy.